Vlag van Japan

Vlag van Japan
Vlag van Japan
Vlag van Japan
Bynaam (ja) Nisshōki[1] of Hinomaru[2]
Gebruik Burgerlike- en staatsvlag en vaandel Burgerlike en staatsvlag en -vaandel
Verhouding 2:3[1]
Goedgekeur 27 Februarie 1870
Ontwerp ’n Wit agtergrond met ’n rooi skyf in die middel.
Wisselvormvlag van Japan
Wisselvormvlag van Japan
Gebruik Vlootvaandel Vlootvaandel
Verhouding 2:3[3]
Goedgekeur Aanvanklik bekendgestel op 7 Oktober 1889; aanvaar op 30 Junie 1954

Die nasionale vlag van Japan is op 27 Februarie 1870 in gebruik geneem met klein wysigings wat op 13 Augustus 1999 aanvaar is. Die vlag vertoon ’n wit agtergrond met ’n groot rooi skyf in die middel. Die vlag se amptelike naam in Japannees is Nisshōki (日章旗 "sonvlag"?) maar die vlag is beter bekend as Hinomaru (日の丸 "sonskyf"?).

Die Nisshōki is aangewys as die nasionale vlag in die Wet op die Nasionale Vlag en Volkslied wat gepromulgeer is en op 13 Augustus 1999 in werking getree het. Hoewel geen vroeëre wetgewing ’n nasionale vlag gespesifiseer het nie was die “sonskyf” reeds die de facto nasionale vlag van Japan. Twee proklamasies wat in 1870 deur die Daijō-kan, die regerende liggaam van die vroeë Meijiperiode, uitgevaardig is het elk voorsiening gemaak vir die ontwerp van ’n nasionale vlag. ’n Sonskyfvlag is onder proklamasie 57 van Meiji 3 (uitgevaardig op 27 Februarie 1870) aanvaar as die nasionale vlag vir handelskepe en as die nasionale vlag wat deur die vloot gebruik is onder proklamasie 651 van Meiji 3 (uitgevaardig op 27 Oktober 1870). Gebruik van die Hinomaru is ernstig beperk gedurende die vroeë jare van die besetting van Japan na die Tweede Wêreldoorlog; hierdie beperkinge is later verslap.

Die son speel ’n belangrike rol in die Japannese mitologie en geloof waar dit vertel word dat die keiser ’n direkte afstammeling van die songodin Amaterasu is en dat die legitimiteit van die Japannese keisershuis gerus het op die goddelike aanstelling en afstamming van die hoof-godheid van die oorheersende Sjintoïsme. Die naam van die land asook die ontwerp van die vlag weerspieël hierdie sentrale belangrikheid van die son. Die antieke geskiedenis (Shoku Nihongi) voer aan dat Keiser Monmu in 701 ’n vlag gebruik het wat die son voorgestel het; dit is die eerste opgetekende gebruik van ’n vlag in Japan met ’n sonmotief. Die oudste bestaande vlag word bewaar in die Unpō-ji-tempel in Kōshū, Yamanashi wat dateer uit voor die 16de eeu, en ’n antieke legende wil dit hê dat die vlag deur Keiser Go Reizei in die 11de eeu aan die tempel gegee is.[4][5][6]

Openbare persepsie oor die nasionale vlag wissel. Vir sommige Japannese stel die vlag Japan voor en dit kan nie vervang word nie. Westerse en Japannese bronne beweer dat die vlag geskiedkundig ’n kragtige en blywende simbool van Japan was. Sedert die einde van die Tweede Wêreldoorlog (die Pasifiese Oorlog), is die gebruik van die vlag en die nasionale volkslied Kimigayo ’n omstrede onderwerp vir Japan se openbare skole. Geskille oor die gebruik daarvan het gelei tot protesoptogte en regsgedinge. Die vlag word nie gereeld in Japan vertoon nie weens die vlag se verbintenis met ultranasionalisme. Vir Okinawaers verteenwoordig die vlag die gebeure van die Tweede Wêreldoorlog en die gevolglike militêre teenwoordigheid van die Verenigde State. Vir sommige lande wat deur Japan beset is, is die vlag ’n simbool van aggressie en imperialisme. Die Hinomaru is gebruik as werktuig teen geokkupeerde nasies vir intimidasiedoeleindes, om Japan se oorheersing en onderwerping te handhaaf. Verskeie militêre baniere van Japan is op die Hinomaru gebaseer, insluitend die bestraalde Vlootvaandel. Die Hinomaru dien ook as sjabloon vir ander Japannese vlae in openbare en privaatgebruik.

  1. 1,0 1,1 (ja) 国旗及び国歌に関する法律
  2. (en) "Basiese / Algemene Inligting oor Japan". Konsulaat-Generaal van Japan in San Francisco. 1 Januarie 2008. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Maart 2016. Besoek op 19 November 2009.
  3. (ja) 自衛隊法施行令
  4. (ja) "日の丸の御旗". Yamanashi Toerisme-organisasie. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Maart 2019. Besoek op 17 Julie 2011.
  5. (ja) "宝物殿の案内". Unpoji. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Mei 2020. Besoek op 17 Julie 2011.
  6. (en) Axelrod, Alan (2009). Onbekende oorloë met ’n groot en blywende impak: die keerpunte in ons geskiedenis waarvan ons meer behoort te weet. Fair Winds. p. 54. ISBN 1-59233-375-3.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search